Африкаанс Финансы
02.09.2026 Читать источник
August 26 Holding Company требует у ликвидаторов Enercon возврата 12,3 млн нац.долларов

Компания August 26 обратилась к ликвидаторам Enercon с требованием вернуть 12,3 миллиона нац.долларов, выданных в качестве безпроцентного займа на закупку топлива для государственных похорон президента Хейге Гингоба. Представитель кредитора сообщил, что пока никаких выплат не поступило, и судьба долга будет зависеть от результатов процедуры ликвидации.
Перевод ИИ
Текст статьи доступен на языке оригинала.
Нажмите кнопку «Перевести статью» выше, чтобы сгенерировать перевод с помощью ИИ.
Оригинальный контент
August 26 soek Enercon-skuld via likwidateurs
Die August 26 Holding Company (Pty) Ltd het hom tot Enercon Namibia se likwidateurs gewend om N$12,3 miljoen terug te kry wat voorgeskiet is om brandstofvoorrade tydens wyle president Hage Geingob se staatsbegrafnis te ondersteun.
August 26 se waarnemende uitvoerende hoof, David Brown, het gesê die maatskappy het sy eis by die likwidateurs ingedien, maar het geen verdere betalings ontvang nie.
“Alle eise is by die likwidateurs, ook ons s’n. Ons wag op die uitslag. Tot op datum het ons geen bykomende betalings ontvang nie,” het Brown Maandag aan Republikein gesê.
Ná Geingob se dood op 4 Februarie 2024 is die Namibiese weermag (NDF) opdrag gegee om die omvangryke logistiek vir sy staatsbegrafnis te bestuur.
Dit het onder meer begeleidings na Casa Rosalia, die parlementstuine, Onafhanklikheidstadion en Heldeakker ingesluit, asook ’n seremoniële optog rondom Windhoek.
August 26 het vroeër bevestig dat dit betalings aan brandstofverskaffers gefasiliteer het nadat Enercon gesukkel het om sy verpligtinge teenoor die ministerie van verdediging en veteranesake (MODVA) na te kom.
Enercon, wat die enigste verskaffer van brandstof aan die weermag was, het operasionele en logistieke probleme teëgekom en hulp by August 26 gesoek, wat ’n belang van 26% in die maatskappy het.
“Na die heengaan van wyle president Hage Geingob het operasionele uitdagings ontstaan, en volgens die besluite van die buitengewone aandeelhouersvergadering van Enercon Namibia wat op 14 Februarie 2024 gehou is, het die direksie August 26 Holding die mandaat gegee om betalings vir brandstof wat aan die ministerie van verdediging en veteranesake gelewer is, namens Enercon Namibië as ’n aandeelhouerslening te koördineer,” het Brown destyds gesê.
Volgens August 26 het Enercon ’n gedeeltelike terugbetaling gemaak, maar skuld steeds ongeveer N$12,3 miljoen. Die maatskappy moet nou probeer om die balans deur Enercon se likwidasieproses te verhaal.
FINALE LIKWIDASIE
Die hoërhof het in Augustus 2025 finale likwidasiebevele teen Enercon en Erongo Petroleum toegestaan ná aansoeke wat deur Namcor Petroleum Trading and Distribution, ’n filiaal van die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor), gebring is.
Namcor Petroleum Trading and Distribution het die hoërhof in Windhoek in April 2024 genader en gevra dat die maatskappye gelikwideer word weens aansienlike onbetaalde skuld wat uit brandstoflewerings- en kredietooreenkomste voortgespruit het.
Ingevolge die ooreenkomste moes Enercon en Erongo Petroleum hul rekeninge binne 30 dae ná ontvangs van fakture vir brandstofprodukte wat aan hulle gelewer is, vereffen.
Teen November 2023 het Erongo Petroleum N$266,7 miljoen geskuld, terwyl Enercon N$114,6 miljoen geskuld het. Geen van die maatskappye het die bedrae vereffen nie, ondanks eise om betaling, is die hof meegedeel.
Adjunk-regterpresident Shafimana Ueitele het albei maatskappye op 10 Junie 2025 onder voorlopige likwidasie geplaas voordat finale likwidasiebevele in Augustus daardie jaar toegestaan is.
Sakemanne Peter en Malakia Elindi, wat onder dié is wat in die Namcor-bedrog- en korrupsiesaak aangekla is, was aandeelhouers en direkteure van Enercon tot Februarie 2023.
LENINGSOOREENKOMS
’n Leningsooreenkoms, gedateer 25 Maart 2024, wat Republikein gesien het, verskaf verdere besonderhede oor die finansiële reëling tussen August 26 en Enercon.
Die ooreenkoms dui op ’n rentevrye lening van N$12,3 miljoen van August 26 aan Enercon, terugbetaalbaar binne 12 maande. Volgens die oorenkoms was die geld bedoel om entiteite te betaal wat brandstof en verwante dienste vir bedrywighede van die verdedigingsministerie verskaf.
Die ooreenkoms het uitdruklik beperk hoe die geld gebruik kon word.
“Die lener sal die lening slegs aanwend om die MODVA-aankoopbestellings te diens en sal die lening vir geen ander doel aanwend nie,” het die ooreenkoms bepaal.
Alhoewel die lening geen rente gedra het nie, het dit voorwaardes bevat wat bedoel was om August 26 te beskerm en sy vooruitsigte om die geld terug te kry, te verbeter.
Die ooreenkoms het August 26 toegelaat om onmiddellike terugbetaling te eis indien Enercon insolvent raak, probeer om sy skulde te skik, of veranderinge aan sy finansiële posisie of eienaarskap ondergaan wat die uitlener as nadelig vir sy vermoë om terug te betaal, beskou.
Dit het August 26 ook toegelaat om maatreëls te tref wat dit nodig ag om sy verliese te beperk indien Enercon versuim om sy verpligtinge na te kom.
Die dokument is onderteken deur die destydse uitvoerende hoof van August 26 Ndajoina Shalumbu en Enercon se uitvoerende hoof Victor Malima, wat uit Namibië gevlug het nadat die Namcor-brandstofskandaal uitgebreek het.
August 26 se eis van N$12,3 miljoen moet nou saam met dié van Enercon se ander skuldeisers oorweeg word. Enige verhaal van die skuld sal afhang van die aanvaarding en rangorde van sy eis, asook die bates wat vir die likwidateurs beskikbaar is.
Аналитика ИИ и парсинга
Технические детали обнаружения, сопоставления и связывания статьи
Поисковый запрос
«August 26 Holding Enercon похороны Гингоба долг»
Запрос, сгенерированный ИИ для поиска статьи в веб-источниках
Связанные результаты поиска
Похороны короля Норвегии Харальда V состоятся 9 сентября. Она пройдет в Кафедральном соборе Осло . Редакция сайта ТАСС. 30 августа, 17:41.